Thursday, May 15, 2014

Ons geliefde kaart-in-die-hand saam stap wittebrood!

DAG 1

Ons eerste dag in Barcelona, het ons begin deur af te loop in die strate van Barceloneta, waar ons 'n woonstelletjie huur vir die week.

Ons het so twee uur uitgepak en die volgende fotos vertel die storie van ons eerste dag.


Ons was dadelik strand toe om die water te voel...baie koud gewees. Die week se weer voorspelling het ons gewaarsku dat die eerste twee dae gaan koud wees, met moontlike kanse vir reen.


Hierdie paar fotos gee mens 'n idee hoe dit lyk by die strand. Ons bly letterlik 'n blok agter die ligte oranje gebou.

Vanaf die strand het ons die strate begin invaar. My verwysingsraamwerk het hierdie eerste dag 'n groot aanpassing ondergaan. Ek kon nie glo watter maklik en lekker leefstyl van die Spaanse stadsmense voor my uitspeel nie.








Klein restaurantjies op elke hoek en draai, stop ons toe eerste by "Bro" Grill and Bread, wat splinter nuut is volgens die eienaar, en eet ons eerste ete.










Dit was ook my eerste blootstelling aan die Spanjaarde wat glad nie kan engels praat nie, en heeltemal gemaklik is met die. Lyk my hulle het nie nodig om hierdie taal aan te leer vir die toerisme bedryf nie. Hier en daar, wanneer ons meer populere toeriste atraksies besoek, praat hulle met mens basiese engels, maar die man op straat kan ons nie mee kommunikeer nie, en gaan deur gesprekke van handgebare and seine saam met Spaanse en een of twee engelse woorde.

Dag een het ons toe eers 12 uur in die bed gekom nadat ons gestap en gestap het, en ek...my verwonder het aan die geboue en winkeltjies.







GasNatural fenosa* gebou met 'n vlinder! (Die gebou lyk soos my juicer) :-)

*Gas Natural Fenosa is one of the ten largest European energy multinationals, leading in vertical integration of gas and power in Spain
and Latin America and the world's largest operator of LNG in the Atlantic basin.




Die volgende paar fotos is geneem soos wat ons deur Baceloneta na La Rambla geloop het:


















Ek gaan vir my hier 'n rokkie koop voordat ons teruggaan! :-)


Mens sien so min duplisering van winkels, alles is uniek en vol ou kleurvolle karakter.


 


La Rambla!



Hillsong teken :-)



En toe...eindig dag een se verken met 'n lekker koffie by Starbucks. Ons is toe al lekker moeg en het baie verder gestap as wat ons gedink het ons gaan.
Hierdie was seker..8 uur die aand?


Lizzy loves her coffee!



En..toe ons begin terugstap, stap ons in La Cathedral vas...vol verassing, was Barcelona op ons eerste dag.





"The Cathedral of the Holy Cross and Saint Eulalia, also known as Barcelona Cathedral, is the Gothic cathedral and seat of the Archbishop of Barcelona, Spain."




Elektroniese kersies vir die saints en confession booths wat aktief is. :-)
"Confession strengthens the soul" - Mother Teresa




En laaste..'n teater, (nie die naam gekry nie), met ou mosaiek "ticket booths"



Ons geliefde kaart in die hand saam stap wittebrood!


O, en laaste, gou vir dag een, hier is ons woonstelletjie in Barceloneta



3B - 78 Carrer Pescadors
https://www.airbnb.com/rooms/930761


Christoph catnap.xx :-)

No comments:

Post a Comment